Watergehalte in Oranje daal, ontleding is onderweg

Die Oranje-Senqu-rivierbekken-kommisie, of Orasecom, het in sy Derde Gesamentlike Opnameverslag kommer uitgespreek oor die dalende watergehalte in die rivierbekken. Namibië, Suid-Afrika, Botswana en Lesotho deel dit. Die afname in watergehalte word toegeskryf aan die uitbreiding van mynbou- en landbouaktiwiteite, swak bestuur van afvalwater en vaste afval, en onvoldoende sanitasie-infrastruktuur. Vivian Kinyaga van die Orasecom sekretariaat het in ‘n onderhoud met The Villager gesels oor die belangrikheid daarvan om die water skoon te hou.