Musk dalk in die sop oor US$1m daaglikse boerpot 

Die tegnologie-miljardêr Elon Musk gaan elke dag ‘n miljoen Amerikaanse dollar weggee aan geregistreerde kiesers in state waar die partye kop-aan-kop is. Verkiesingswetdeskundiges is egter van mening dit kan wette oortree waarvolgens mense nie betaal kan word om te registreer nie. Musk het beloof om die geld lukraak toe te ken aan mense wat ‘n versoekskrif ter ondersteuning van die Eerste en Tweede Wysiging onderteken het. Die rykste man ter wêreld het meer as 75 miljoen Amerikaanse dollar aan die Trump-veldtog gegee. Musk wend alle pogings aan dat mense vir Trump moet stem.