Loodsfase van inkomste-opname voltooi 

Die Namibiese Statistieke-agentskap sê sy loodsfase van die Huishoudelike Inkomste en Uitgawe Opname is voltooi. Dus, geen veldwerkers sal enige woning besoek nie. In ‘n verklaring sê die agentskap dit is met groot sukses afgehandel en dat die hoofopname in Maart volgende jaar sal begin. Die bevindinge van die loodsopname sal nie publiek gepubliseer word nie, maar sal slegs deur die agentskap benut word om die gehalte van die hoofopname te bepaal.