Trump is onstabiel, wispleturig – Cheney 

Die gewese Republikeinse kongreslid, Liz Cheney, het oudpresident Donald Trump as totaal wispelturig en heeltemal onstabiel beskryf. Sy het gister by die visepresident en Demokrate se kandidaat, Kamala Harris, aangesluit by ʼn geleentheid met die titel, Land voor Party, wat in Michigan gehou is. Cheney, bekend vir haar teenstand teen Trump, het Harris vroeër die maand begin ondersteun. Sy sê die keuse in November se verkiesing gaan oor die ondersteuning van die Grondwet: