Van Zyl, wat betrap is met 188 wildsvelle, verskyn weer vandag

Die saak van die 50-jarige Gerhardus Petrus van Zyl, wat einde Augustus met 188 wildsvelle betrap is en toe versuim het om homself aan die polisie oor te gee kom weer vandag in die Katutura-landdroshof voor. Van Zyl is van die onwettige jag van jagbare wild aangekla. ’n Strafsaak is op Gobabis teen hom geopen na hy glo 139 gemsbokvelle asook 23 koedoe-, 17 eland- en nege hartebeesvelle in sy besit gehad het. Hy wou dit na bewering aan ’n bekende leerlooiery en plaaslike leervervaardiger verkoop.