Betalings aan De Klerk onder die loep in Fishrot borgaansoek

Regter David Munsu het die borgaansoek van Fishrot-verdagte Tamson Hatuikulipi tot 29 November vir finale betoeë deur die partye uitgestel. Hatuikulipi het die aansoek op grond van nuwe feite gedoen. Dit sluit in e-posse wat aandui dat die Yslandse maatskappy Samherji ander individue voor Hatuikulipi gekontak het om toegang te kry tot die voormalige visserye minister, Bernhardt Esau. Andreas Kanyangela, hoofondersoeker van die Teenkorrupsie-kommissie, het weer op die laaste dag getuig, die keer oor die omstrede Mermaria Seafood Namibia. Mbanga Siyomunji, regsman van Hatuikulipi wou weet waar die maatskappy die geld vandaan gekry het om nou omstrede regsman Maren de Klerk te betaal.