Trump sê hy steun kognitiewe toetse vir kandidate

Die presidentskandidaat van die Demokratiese Party, Kamala Harris, sal Wisconsin, Michigan en Pennsylvania, drie van die sewe slagveldstate, Maandag besoek. Haar Republikeinse teenstander, voormalige president Donald Trump, is op pad na Noord-Carolina, wat erg deur die orkaan Helene getref is. Trump het vroeër by ‘n saamtrek in Pennsylvania gesê dat hy kognitiewe toetse vir kandidate ondersteun. Dit kom nadat Harris gesê het hy is “onstabiel” en moet sy mediese rekords bekendmaak.