RISE sê massaskietery is ‘n noodtoestand

Die president van RISE Mzansi Songezo Zibi sê hulle sal die stygende reeks massaskieterye in die land opper teenoor adjunkpresident Paul Mashatile en verteenwoordigers van politieke partye in die regering van nasionale eenheid se geskiloplossingsmeganisme op Donderdag se geskeduleerde vergadering. Twee onbekende mans het Vrydagnag vyf familielede doodgeskiet en nog twee gewond in Bityi in die Oos-Kaap. Zibi sê die huidige noodtoestand vereis dat die regering ‘n plan ter tafel lê om Suid-Afrikaners veilig te hou: