Fishrot se Fitty soek steeds borg 

Tamson “Fitty” Hatuikulipi, een van die beskuldigdes in die Fishrot-korrupsiesaak, se derde borgtogaansoek hervat vanoggend in die hoërhof voor regter David Munsu. Hatuikulipi het op grond van nuwe feite om borgtog aansoek gedoen. Dit sluit in e-posse wat aandui dat die Yslandse maatskappy Samherji ander individue voor Hatuikulipi gekontak het om toegang te kry tot die voormalige visserye minister, Bernhardt Esau. Andreas Kanyangela, hoofondersoeker van die Teenkorrupsie-kommissie, het egter vroeër getuig dat Hatuikulipi die suksesvolle skakel was tussen Samherji en Esau, sy skoonpa.