Vermeende pedofiel Maree se bekentenis-uitspraak vandag verwag

Die uitspraak in ‘n verhoor binne ‘n verhoor oor die toelaatbaarheid van ‘n bekentenis wat vermeende pedofiel Johann Maree ná sy arrestasie gemaak het, word vandag verwag. Maree beweer dat hy deur polisiebeamptes gedwing is om te bieg. Hy word daarvan aangekla dat hy talle jong seuns in Windhoek seksueel misbruik en pornografiese beelde van minderjariges op die donker web versprei het. Die verhoor is nie oop vir die publiek om die identiteite van die slagoffers te beskerm nie. Regter Philanda Christiaan hoor die saak aan.