Leerders skryf eksamen, alle oë op uitslae, soos gewoonlik

Skole landwyd is tans besig met hul jaar-eind eksamens. Dit is ook matriekseisoen waar leerlinge gereedmaak om hul laaste skooleksamens te skryf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Collette Riekert, die besturende direkteur van Curro Namibië, wat ‘n opdatering gee oor die leerlinge en hulle gereedheid vir die eksamens.