Rafa sê hy is emosioneel gereed vir aftrede

Die Spaanse veteraan, Rafael Nadal, sê hy is emosioneel gereed om na die eindtoernooi van die Davisbeker aanstaande maand uit te tree maar sal slegs in die enkelspel speel indien hy voel hy is gereed om te wen. Die 38-jarige se luisterryke loopbaan sal in Málaga in sy geboorteland eindig. Hy sê nog ʼn maand bly oor om seker te maak hy is fisies gereed vir die toernooi. Nadal het saam met sy jong landgenoot, Carlos Alcaraz, aan die Olimpiese Spele deelgeneem en sal dit moontlik weer in die Davisbeker doen.