NDF werf weer 1 500 lede

Die Namibiese Weermag beplan om in Maart volgende jaar 1 500 nuwe lede te werf. Die plaaslike uitsaaier berig dat 3 000 kadette op die kortlys sal wees, en aansoekvorms sal vanaf 1 November tot 15 November vanjaar ingedien word. Die nuwe kadette sal vir nege maande opleiding in Okahandja ondergaan. Khomas-streek sal 288 poste toegeken word, Ohangwena 240, Omusati 240, en die oorblywende 11 streke wat elk 192 poste toegeken is. Gemarginaliseerde gemeenskappe word 120 poste toegeken. Aansoekers moet tussen die ouderdomme van 18 en 25 wees.