Musk gooi sy geld, letterlik, in Trump-veldtog

Elon Musk het nie net sy ondersteuning agter Donald Trump gegooi nie, hy sit nou sy geld ook in. Hy vra ondersteuners van Trump om ‘n petisie ter ondersteuning van die eerste en tweede wysigings aan die Amerikaanse Grondwet, wat vryheid van spraak en wapenbesit waarborg, te teken en hy sal aan een persoon wat dit doen, elke dag tot die verkiesing op 5 November, ‘n miljoen Amerikaanse dollar gee. Die petisie is nie noemenswaardig nie maar, dit gee persoonlike inligting aan die Trump-veldtog om kiesers te werf.