Swapo tevrede met ECN, Ren-Form

Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, het aantygings deur opposisiepartye dat die regerende party en die Verkiesingskommissie van Namibië hoed in een mus is om verkiesings te kaap ten sterkste veroordeel. Dit kom na die kommissie se toekenning van die verskaffing van stembriewe aan Ren-Form wat ‘n herrie ontketen het. Shaningwa het haar vertroue uitgespreek in die vermoë van die kommissie om ‘n geloofwaardige verkiesing uit te voer en dat al 21 geregistreerde politieke partye wat die verkiesing meeding, die kans sal hê om toesig te hou oor die hele proses van druk tot die aflewering van die stembriewe in Namibië.