Mboweni ter ruste gelê

President Cyril Ramaphosa sê die voormalige minister van Finansies Tito Mboweni was ‘n kampvegter vir ekonomiese transformasie in Suid-Afrika, net soos hy aangedring het op fiskale dissipline en bewys-gebaseerde beleidmaking. Mboweni is amptelik ter ruste gelê. Ramaphosa sê hy het finansminister geword toe die land die era van staatskaping moes beveg en terselfdertyd ‘n verwoestende wêreldwye pandemie moes trotseer: