Amerikaanse agentskap kan 2,4 miljoen Teslas herroep

Sowat 2,4 miljoen Tesla-voertuie wat tussen 2016 en 2024 vervaardig is kan moontlik herroep word. Dit is volgens Amerika se Nasionale Snelweg Verkeersveiligheid Administrasie, wat besig is om Tesla se selfbestuur-sagtewarestelsels te ondersoek. Die voorlopige evaluering volg op vier ongelukke waarin Tesla se “Full Self-Driving”, of FSD, sagteware gebruik is. In een geval is ‘n voetganger dood na ‘n Tesla hom getref het, en in ‘n ander is ‘n persoon beseer. Die agentskap sê ten spyte van die etiket, is volle selfbestuur eintlik “‘n gedeeltelike bestuur-outomatiseringstelsel”.