Jong Japannese dagvaar nutsmaatskappye oor vrystellings

‘n Groep van 16 Japannese jongmense dagvaar nutsmaatskappye oor hul koolstofvrystelling, in die jongste saak wêreldwyd waar aktiviste die howe inspan om aan te dring op optrede teen klimaatsverandering. Die eisers, almal in hul tienerjare en 20’s, sê dit is die eerste saak van sy soort in Japan, wat volgens aktiviste die vuilste energiemengsel van G7-lande het. Die regsgeding is teen 10 operateurs van kragsentrales wat fossielbrandstowwe verbrand waarvan die uitlaatgasse onversoenbaar is met Japan se klimaatsverpligtinge. Die eerste verhoor vind volgende week plaas.