Trump sê stemproses vir oorsese Amerikaners is bedrieglik

Die stemproses vir Amerikaners wat in die buiteland woon, word al lank deur albei partye as heilig beskou, hoofsaaklik as gevolg van die verbintenis met Amerikaanse militêre personeel wat in die buiteland diens doen. Die proses is nou egter die teiken van verskeie Republikeins-gesteunde hofsake. Buitelandse stembriewe word as gunstig vir Demokrate beskou en kan deurslaggewend wees om vise-president Kamala Harris ‘n hupstoot te gee. Oud-president Donald Trump sê egter nou – sonder enige bewyse – die oorsese stemming is bedrieglik. Daar is ongeveer 6,5-miljoen stemgeregtigde Amerikaners oorsee.