Noord-Korea verklaar die Suide as vyandig

Noord-Koreaanse leier, Kim Jong Un, het sê Suid-Korea is ‘n vreemde en vyandige land. Staatsmedia sê Kim het die gebruik van sogenaamde aanstootlike magte teen die Suide bespreek as vergelding vir enige stap wat inbreuk maak op sy soewereiniteit maar geen besonderhede is hieroor verskaf nie. Kim het ook die land se Grondwet aangepas om die Suide as ‘n vyandige staat aan te wys.