Marburg is beter in Rwanda, M-pokke nie

Rwanda se uitbreking van die dodelike Marburg-virus is besig om te verstadig ná inentings van die kwesbaarste mense insluitend gesondheidsorgwerkers, maar gevalle van M-pokke versprei steeds na nuwe Afrika-lande. Dit is volgens die land se minister van gesondheid en die hoof van die Afrika-sentrums vir siektebeheer en -voorkoming. Nuwe infeksies het nou met meer as 50 persent verminder vergeleke met die eerste twee weke, het minister van gesondheid, Sabin Nsanzimana, gesê en bygevoeg dat die land opeenvolgende dae sonder nuwe gevalle of sterftes beleef het.