Nostalgiese oomblik wanneer Novak en Rafa mekaar laaste keer ontmoet

Die Serwiër, Novak Djokovic, speel môre die laaste keer teen die Spanjaard, Rafael Nadal, in die uitspeelwedstryd vir derde plek by die Six Kings Slam-vertoontoernooi in Saoedi-Arabië. Djokovic moes met 6-2, 6-7, 6-4 die knie buig teen die Italianer Jannik Sinner, terwyl Nadal, wat ná volgende maand se Davis-beker in Malaga uittree, met 6-3, 6-3 teen sy landgenoot, Carlos Alcaraz, verloor het. Djokovic en Nadal het 60 keer ontmoet op die ATP-toer, insluitend Grand Slams, met die Serwiër wat 31 gewen het teenoor Nadal se 29, en spog met 24 Grand Slams teenoor Nadal se 22.