Oorlog is Zelensky se skuld – Trump

Donald Trump het die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, die skuld gegee oor die oorlog met Rusland. Hy het met Patrick Bet-David op die PBD-potgooi gepraat.

Ontleders meen dit dui verder daarop dat Trump waarskynlik die Amerikaanse beleid radikaal sal verskuif as hy die verkiesing op 5 November wen. Trump kritiseer herhaaldelik vir Zelensky.