Vroue Proteas haal T20 eindstryd

Suid-Afrika het ‘n kragdadige vertoning gelewer om die verdedigende kampioen, Australië, met agt paaltjies in Dubai te klop, en die Vroue T20 Wêreldbeker-eindstryd te haal. Australië het 134 vir vier aangeteken. In antwoord daarop het Anneke Bosch ‘n onoorwonne 74 gemoker, terwyl die kaptein Laura Wolvaardt 42 bygevoeg het in ‘n tweedepaaltjie-vennootskap van 96. Die Proteas het die doelwit bereik met 16 balle oor. Bosch sê om Australië vir die eerste keer in ‘n T20 Wêreldbeker te verslaan, is ongelooflik: