BoN bespreek leierskap, groen finansiële stelsels 

Die Bank van Namibië het ‘n leierskapgeleentheid aangebied. Kundiges in die bedryf het gepraat oor globale klimaatsuitdagings en die dringende behoefte om die finansiële stelsel groener te maak. Afrika se koolstofvrystellings word verdwerg deur die vrystellings van ander vastelande. Die adjunkminister van omgewingsake, Heather Sibangu, het gesê ten spyte hiervan, mik die regering steeds daarna om Namibië se vrystellings met 91 persent te verminder.