Bewareas: Cowley reageer op hofoorwinning

Beplande mynbedrywighede en die bou van ‘n pad in bewaringsgebiede is stopgesit deur ‘n interdik, hangende ‘n besluit deur die omgewingsminister en omgewingskommissaris. Die bewaringsgebiede Sorris Sorris, Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein het die aansoek vir ‘n interdik saam met Ultimate Safaris gebring. Regter Esi Schimming-Chase het gelas dat die omgewingsminister en omgewingskommissaris hul besluite teen 24 Oktober bekendmaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ultimate Safaris se besturende direkteur, Tristan Cowley, wat sy reaksie op die uitspraak deel.

Cowley sê die interdik is nie teengestaan nie en hulle verwag ‘n goeie uitkoms.