NDP-leier los presidensiële veldtog na ‘advies van Bo’

Lukato Lukato, die president van die Nasionale Demokratiese Party, NDP, sê dat hy besluit het om aan die presidensiële veldtog te onttrek omdat hy ‘n boodskap van God ontvang het dat hy nie voldoende voorbereid is nie. Volgens Lukato het God hom belowe dat hy voorbereid sal wees om in 2029 deel te neem. Lukato het met die NBC gepraat by die Verkiesingskommissie se aankondiging van presidensiële kandidate.