Krieket Australië wys beter as verwagte syfers

Krieket: Australiese beroepspelers kan reken op stewige salarisverhogings nadat Krieket Australië beter as verwagte syfers vir die vorige boekjaar bekendgemaak het. Hulle sê die netto tekort van 379-miljoen Namibiese dollar is die gevolg van gesonde samewerking om uitgawes te bestuur en inkomste te vermeerder. Dit volg op groter as verwagte skares gedurende verlede seisoen se tuistoetse teen Pakistan en die Windies. Hulle verwag ook ʼn groot hupstoot die volgende 18 maande met die toetsreeks tuis teen Indië en die reeks om die As teen Engeland.