Derduisende bykomende huishoudings kry droogtehulp

Die jongste kabinetsbesluite is bekendgemaak. Die kabinet het onder meer ‘n bykomende begrotingstoewysing van 16,8 miljoen Namibiese dollar van die Nasionale Noodrampfonds vir streeksbefondsing goedgekeur. Dit het ook die inskrywing van 64 525 bykomende huishoudings vir droogtehulp onderskryf, met ‘n finansiële implikasie van 256 miljoen dollar vir die 2025/’26-boekjaar. Inligtingminister Emma Theofelus het die besluite by die Regeringsinligtingsentrum aangekondig.

Die Insolvensiewetsontwerp van 2024 is goedgekeur en na die Kabinetskomitee oor Wetgewing verwys vir verdere ondersoek.