Robertson verwag interessante wedstryde in Noorde

Rugby: Die hoofafrigter van die All Blacks, Scott Robertson, sê die volgende ses weke behoort hom ‘n goeie idee van die span te gee nadat hy die moeilike skedule vir sy eerste jaareindtoer met hulle onder oë gehad het. Nieu-Seeland speel die 26ste van dié maand teen Japan in Yokohama, gevolg deur toetse teen Engeland, Ierland, Frankryk en Italië in Europa. Die span het vandag na Japan vertrek. Volgens Robertson het die rugby-gaping tussen die Suidelike en Noordelike Halfrondes verklein en dit gaan interessante kragmetings oplewer.