Vroeë identifikasie van Alzheimer se siekte kry hupstoot
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie stel op 23 Oktober sy “voorkeurprodukkenmerke van bloedgebaseerde biomerkerdiagnostiek vir Alzheimer se siekte” bekend. Dit is ‘n belangrike stap in die verbetering van vroeë diagnose en hantering van Alzheimer se siekte. Bloedgebaseerde biomerkers kan die identifisering van individue in gevaar of in die vroeë stadiums van die siekte verbeter, wat noodsaaklik is vir tydige ingryping en ondersteuning. Hierdie inisiatief kan lei tot beter siftingspraktyke en uiteindelik bydra tot beter uitkomste vir diegene wat deur die siekte geraak word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Berrie Holtzhauzen, stigterslid en uitvoerende hoof van Alzheimer’s Dementia Namibia, oor die belangrikheid van hierdie inisiatief.