So ken mens verkiesing-disinformasie uit

FactCheck Namibia en Africa Check het ‘n tweedaagse verkiesingsfeitekontrole-opleidingswerkswinkel in Windhoek aangebied. Die doel was om lede van die burgerlike samelewing, joernaliste en ander media-belanghebbendes op te lei om verkiesingsverwante wan- en disinformasie te identifiseer en teë te werk. Africa Check is die vasteland se eerste onafhanklike feitekontrole-organisasie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Carina van Wyk, hoof van onderwys en opleiding by Africa Check, oor waarna Namibiërs op die uitkyk moet wees voor die verkiesings.