Protea-vroue kan Australië klop: Laura Wolvaardt

Krieket: Die Protea-vroue se kaptein, Laura Wolvaardt, glo hulle het die talent om vandag die verdedigende kampioen, Australië, in Dubai te klop in die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi. Die twee spanne het verlede jaar op Nuweland in Kaapstad in die eindstryd kragte gemeet toe Australië sy sesde titel gebuit het na ʼn oorwinning met 19 lopies. Die ander halfeindstryd vind môre plaas tussen die Wes-Indiese Eilande en Nieu-Seeland. Wolvaardt sê hulle sal hul beste spel moet opdis.