Biden sal Angola in Desember besoek

Die Amerikaanse president Joe Biden sal uiteindelik sy langverwagte Afrika-reis onderneem ‘n maand ná die presidensiële verkiesing wat vir 5 November beplan is, het die Withuis Woensdag aangekondig. Hy sal in Desember sy besoek aan Angola aflê. Die Withuis sê die besoek sal die transformasie van die VSA-Angola-verhouding herdenk en Angola se rol as ‘n strategiese vennoot en streeksleier erken. In onlangse tye het Angola nader aan die VSA beweeg en sy rug stelselmatig op Rusland en China, voorheen sy militêre en infrastruktuurvennote, gedraai.