Dis nie net Namibië nie, wêreld word droeër

Namibiërs is geen vreemdelinge vir droogtes nie maar, die wêreld sal ook gewoond moet raak. Die jaar 2023 was die droogste jaar vir globale riviere in meer as 30 jaar, volgens ‘n nuwe verslag wat deur die Wêreld Meteorologiese Organisasie gekoördineer is. Die verslag toon kritieke veranderinge in waterbeskikbaarheid in ‘n era van groeiende vraag. Gletsers het in die afgelope halfeeu 600 gigaton, of te wel, 600 triljoen metrieke ton water verloor. Celeste Saulo van die organisasie het met die media gepraat.