Nujoma bevestig gepubliseerde minimumloon, ten spyte van aansoeke

Die arbeidsminister, Utoni Nujoma het vandag by die regering se inligtingsessie gepraat oor die infasering van die minimumloon wat op 1 Januarie 2025 begin. Vroeër die week het die Namibiese Werkergewersvereniging gevra vir ‘n hersiening oor drie jaar met ander uurlikse lone. Nujoma het die loon, soos gepubliseer in die staatskoerant bevestig.

Die landbou sektor het vrywaring gevra en Nujoma het die minimumlone so bevestig. 

Alle lone moet ook in kontant betaal word en rantsoen kan nie daarvoor gebruik word nie.