Polisie is na Liam Payne se hotel ontbied oor ‘dronk, ontstoke gas’

Meer inligting is bekend oor die dood van die voormalige One Direction-ster, Liam Payne. Terwyl owerhede in Argentinië ondersoek instel en ‘n lykskouing sal uitvoer, word daar internasionaal berig dat die polisie na die hotel ontbied is na ‘n gas vermoedelik onder die invloed van drank en dwelms was. Luidens Reuters is owerhede gesê dat wanneer die gas by sy bewussyn is, breek hy alles in die hotelkamer en dat daar kommer is omdat die kamer ‘n balkon het. Die 31-jarige Payne het van sy balkon op die derde verdieping in die binnehof van die hotel in Buenos Aires geval. Hy is op die toneel dood.