Ekonomiese aanwysers vertoon goed, kan ons Desember vakansie hou?

Die jaarlikse inflasiekoers in September was 3,4 persent, ‘n aansienlike daling vanaf die 5,4 persent wat in September 2023 geregistreer is. Die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee het gereageer deur die repokoers met 25 basispunte tot 7,25 persent te verlaag, met die doel om die binnelandse ekonomie te ondersteun. Brandstofpryse het ook aansienlik gedaal in September. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Josef Sheehama gesels oor wat dit vir verbruikers beteken en of hulle die Desember-vakansie sal kan geniet.