SAPD se agterstand in forensiese verslae moet aangespreek word

Action Society pleit vir onmiddellike optrede aangesien vertragings met forensiese verslae duisende strafregtelike sake ophou. Die forensiese laboratoriums van die Suid-Afrikaanse Polisiediens sit met ʼn agterstand en slegs ʼn klein persentasie roetinesake word betyds verwerk. Woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez, sê hierdie vertragings beïnvloed veral sake oor gesinsgeweld en ander ernstige misdade soos verkragting en moord wat in die hof vashaak: