Wynsindikaat in Europa oopgevlek

Die Franse en Italiaanse polisie sê hulle het ‘n internasionale bedrogspul oopgevlek met ‘n sindikaat wat bottels wyn van swak gehalte voorgegee het as oesjaarwyn ter waarde van tot 15 000 euro, of amper 285 000 Namibiese dollar elk. Ses mense – insluitend ‘n Russiese burger wat die vermeende leier is – is in Parys, Turyn en Milaan in hegtenis geneem. Hulle het na bewering vals etikette vervaardig wat bekende Franse wingerde verteenwoordig. Die groep het meer as 38 miljoen Namibiese dollar uit die bedrogspul verdien.