Ramaphosa woon Brics by

President Cyril Ramaphosa gaan volgende week die 16de Brics-beraad in Kazan, Rusland, bywoon. Dit duur van Dinsdag tot volgende Donderdag en sal fokus op samewerking tussen Brics-lande op sleutelgebiede soos politiek, sekerheid, die ekonomie en kultuur. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika se deelname is daarop gemik om ontwikkeling te verstewig deur bande met BRICS-lande te versterk en die land se doelwitte van groei, sekerheid en internasionale samewerking te steun: