Zelensky lê oorwinningsplan voor

Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het sy langverwagte oorwinningsplan in Kiëf aan die Parlement voorgelê. Dit is daarop gemik om sy land se posisie sodanig te versterk dat die oorlog met Rusland teen volgende jaar beëindig kan word. Die oorlog het uitgebreek met Rusland se inval in Februarie 2022. Die plan bestaan uit vyf sleutel-elemente, waaronder ‘n formele uitnodiging om by Navo aan te sluit. Zelensky het China, Iran en Noord-Korea ook gekritiseer vir hulle steun aan Rusland. Hy sal die oorwinningsplan vandag op ‘n beraad van die Europese Unie voorlê.