Swartrenosters loop deur in Etosha

Plaaslike berigte lui dat sedert Januarie is 46 renosters in Etosha Nasionale Park gestroop waarvan 35 swartrenosters is. Die omgewingsminister Pohamba Shifeta sê arrestasies in verband met wildmisdaad het gedaal met 143 wat verlede jaar in verband met olifant- en renosterstropery gearresteer is teenoor 91 vanjaar. Arrestasies in verband met handel in ietermagô’s het ook gedaal van 60 in 2023 tot 30 vanjaar. Volgens Shifeta is een van die grootste uitdagings landelike armoede wat gemeenskappe weerloos laat teen sindikate wat baie geld aanbied.