Prada help met ontwerp van ruimtepakke

Die Italiaanse modehuis Prada en die nuwe Amerikaanse ruimtevaartmaatskappy Axiom Space het die ruimtepakke onthul vir NASA se komende Artemis 3-sending, wat sy eerste bemande reis na die maan sal wees sedert Apollo 17 in 1972. Die ontwerp van die nuwe ruimtepak verbeter beweeglikheid, kan ‘n ruimtewandeling van agt uur hanteer en sal twee ure van die maan se suidpool se laagste temperature kan weerstaan. Die president van Axiom Space, Matt Ondler, sê die ruimtepakke is deeglik getoets en het simulasies ondergaan: