Spesiale Ondersoekeenheid spaar SA R8 miljard in ‘n jaar

Die Spesiale Ondersoekeenheid sê hy het in die 2023/2024-boekjaar die staat ʼn rekordbedrag van agt-miljard Suid-Afrikaanse rand gespaar. Dit is die gevolg van doeltreffende ondersoeke, spoedige litigasie en verhalingsprosesse. Die grootste verhaalde bedrae kom uit ondersoeke na Transnet, Eskom en die Nasionale Finansiële Hulpfonds vir Studente. Die ondersoekeenheid se hoof, Andy Mothibi, sê hulle het ook kontrakte en administratiewe aangeleenthede ter waarde van meer as 2,13-miljard-rand gekanselleer deur die Spesiale Tribunaal en Suid-Afrikaanse Hooggeregshof.