Aktivis gee moontlike redes vir hoë selfmoordsyfer onder mans

Selfmoord is ‘n voortslepende probleem in Namibië. Volgens NamPol se naweek-misdaadverslag het ‘n 22-jarige man homself Saterdagoggend by Naruseb-lokasie in Otavi aan ‘n boom opgehang. Donderdag in Ombili, Windhoek, het ‘n middeljarige man homself ook aan sy vriend se dak gehang. Die gesondheidministerie het vroeër berig dat uit 679 selfmoordgevalle tot dusver vanjaar 559 mans en 91 vroue was, en onder die 29 kinders wat selfmoord gepleeg het, was 18 seuns. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Zack Itodo gepraat oor die hoë koers van selfmoorde onder seuns en mans.