Hardap baie laag, maar !Aimab Superfarm sal water hê: Thieme

Die Hardapdam is net 7,2 persent vol, met 682 000 kubieke meter wat die week onttrek is vir die groenskema. ‘n Vergadering oor wateronttrekking is reeds tussen die Hardap-produsente, Namibia Dairies, die Mariental-munisipaliteit en NamWater gehou. Boere by die skema kan nog net tot die einde van die maand water uit die dam kry. Die !Aimab Superfarm word besit deur Namibia Dairies, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List-groep. Sven Thieme, die groep se voorsitter, verduidelik hul planne as daar nie meer water uit die dam benut kan word nie.