Angula verduidelik verwerping as onafhanklike kandidaat

Die Verkiesingskommissie het die aansoeke van Ally Angula, Jeremiah Kaambo en Elsie Chen as onafhanklike presidensiele kandidate verwerp, sonder om die redes te spesifiseer. Die afgekeurde kandidate is skriftelik in kennis gestel, en die sitting is met een dag verleng om hulle of politieke partye toe te laat om die kwessies reg te stel. Die finale verklaring van kandidate sal môre om 11:00, ná die verlengde sitting, gemaak word. Ally Angula het gesê daar is gevind dat van die kiesersregistrasienommers op haar lys vals is. Sy verduidelik.