Besighede moet polisie gebruik wanneer geld vervoer word

Die bevelvoerder van die Erongo-polisie, kommissaris Nikolaus Kupembona, versoek besighede in Erongo om van die polisie se dienste gebruik te maak wanneer hulle hul geld na banke vervoer om te verhoed dat hulle beroof word. Dit kom na die Multisave-supermark in Walvisbaai op 2 Oktober deur drie gewapende mans van 313 725 Namibiese dollar beroof is. Die drie het gevlug en is steeds soek.