Ballotti se terugkeer na NIPDB laat baie vrae ontstaan – PDM
Die PDM het sy kommer oor bestuur en deursigtigheid ná die heraanstelling van Dino Ballotti as ‘n tegniese konsultant by die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad. Dit kom na hy die raad verlaat het en by FNB aangesluit het. Toe word hy as LP vir Swapo benoem. Hy het daarna teruggekeer na die raad. Roberto Dirkse, woordvoerder van die PDM-president, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die raad ontken ongerymdhede en sê Balotti het ‘n gaping gelaat wat hy eenvoudig weer gevul het.